Quiche vir die Kerk

Sjef Hansen Kook Quiche vir die Kerk

Wanneer mense saam om kos kuier, word hegte bande gesmee. Daarom het Vredelust-gemeente verlede Sondag ‘n fellowship-geleentheid vir jong volwassenes gehou en ek is gevra om die spyseniering te doen. Altesaam 60 mense het saam kom kuier.

Ek en my getroue sous chef (dis nou ekke!) was reeds van vroegdag in die kerk se kombuis besig om smaaklike kos voor te berei. Op die spyskaart was quiche, oftwel souttert, gemaak met spek, spinasie, sampioene, uie, parmesan en feta en ‘n handgemaakte kors. Dit is aangevul met ‘n vars groen slaai met roket en kersietamaties en ‘n slaaisous gemaak van lemmetjie en olyfolie.

Eers is die deeg aangemaak:

Deeg

Speserye (roosmaryn en tiemie) is bygevoeg:

Speserye

Die deeg is gevorm, reg om uitgerol te word:

Deeg

Daarna is dit uitgerol en is die oondbak daarmee uitgevoer:

Plaat

Die uie, sampioene, spek en spinasie is saam gebraai:

Braai uie, sampioene, spek en spinasie

Hierdie vulsel is bo-op die deeg in die oondbak geskep:

Vulsel

‘n Mengsel van creme fraiche, eier en parmesan is bo-op geskep en daarna is die quiche in die oond gesit:

Mengsel van creme fraiche, eier en parmesan is bo-op geskep en daarna is die quiche in die oond gesit

Daar’s hy! ‘n Heerlike quiche, vars uit die oond. Elkeen is in 12 groot stukke gesny en ek het 6 van hierdie terte gemaak:

Quiche

Die lokaal en tafels was mooi versier:

LokaalTafel

Almal het lekker gesmul en die aand was ‘n groot sukses:

Gaste

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s