Bykosse by snoekbraai vir Uninterrupted Conversations-konferensie

IMG_8660 IMG_8673

Wat is ‘n lekker snoekbraai sonder die tradisionele bykosse van soetpatats, slaai en potbrood? En hoe sluit ‘n mens so ‘n smulsessie af sonder ‘n lekker nagereg?

Ek is gevra om te verseker dat die bykosse en nagereg nie agterweë bly nie by ‘n snoekbraai wat op Vryday 24 Mei 2013 ter afsluiting van die konferensie Uninterrupted Conversations by SA Ordinary People gehou is. Die konferensie, met die verdere titel van “a co-journey by faith communities”, is deur kerkleiers en teoloë bygewoon en het ten doel gehad om samewerking tussen Christelike kerke te bevorder. Om hegter bande te smee, is afgevaardigdes uitgenooi om saam brood te breek aan die einde van die dag se verrigtinge. Sestig mense is by die geleentheid by Vredelust-gemeente verwag.

‘n Braaier vir die vis was daar reeds, maar ek moes aan die werk spring met die res van die eetgoed.

Die patats is in skywe gesny, met ‘n stroop, gemaak van botter, suiker en kaneel, bedek en in die oond geplaas:

Patats

Die eindresultaat is heerlike soetpatats:

Soetpatats

Om die potbrode te maak (twee wit en twee bruin), is die deeg aangemaak en geknie:

Deeg knie

Daarna is die dit kans gegee om te rys:

Brooddeeg rys

Die deeg is in ‘n gietysterpot geplaas en in die oond gebak. Hier word dit uitgehaal:

Potbrood

My getroue sous chef het die groen mengelslaai met slaaiblare, kersietamaties, komkommer, sprietuie en fetakaas gemaak:

Slaai

Die vorige aand reeds het ek die sjokolade bruintjies (chocolate brownies) vir nagereg voorberei. Jamie Oliver, een van my groot helde, het hierdie dis geïnspireer. Die mengsel van donker sjokolade, kakao, strooisuiker, botter, eiers en bruismeel is in ‘n plaat uitgeskep en ‘n verskeidenheid neute en bosbessies is bo-op gedruk:

mengsel vir sjokolade bruintjies

Die plaat sjokolade bruintjies kom uit die oond uit, waarna dit in blokke gesny is. Ek het sewe sulke plate gemaak.

'n Plaat sjokolade bruintjies

Toe die konferensiegangers amper reeds oppad was na die snoekbraai, het ek tyd aan die aanbieding van die kos bestee. ‘n Mense eet mos ook met jou oë, so alles moes smaaklik lyk.

Die brood is uitgepak met konfyt- en botterhouertjies en die silwer bakke met patats het agter dit gestaan:

Brood en konfyt

Die sjokolade bruintjies is in bakkies geplaas met ‘n aarbei vir garnering. Dit is met vanielje roomys bedien.

Sjokolade bruintjies

Daar was oorgenoeg vir almal!

Nagereg

Die gaste het telkens weer hul borde kom vol maak met al die heerlike bykosse – ‘n besliste teken dat hulle die ete baie geniet het. Tot laat het hulle nog gesellig by hul tafels bly sit, smul en gesels.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s