Spyseniering vir Deon Meyer en Adriaan Basson se boekbekendstelling

Catering for Deon Meyer and Adriaan Basson's book launch

Deon Meyer is die skrywer van talle topverkoper-romans. Sy boeke is al in 25 tale vertaal, dit word wêreldwyd verkoop en hy het al verskeie plaaslike en internasionale pryse gewen. Meyer skryf ook rolprentdraaiboeke soos Die Laaste Tango en Jakkalsdans, en een van sy boeke gaan verfilm word met Game of Thrones se Sean Bean in die hoofrol.

Daarom was ons baie opgewonde toe Sjef Hansen Catering Services se dienste deur NB-Uitgewers bekom is om die spyseniering vir die bekendstelling van Meyer se jongste boek te doen. Meyer is bekend as ‘n speurverhaalskrywer (alhoewel hy ook ‘n kookboek, Kom Eet!, het wat op my boekrak staan), maar sy nuutste is ‘n gids vir avontuur-motorfietsry, getiteld Ridders van die grondpad (Dirt Busters in Engels). Die bekendstelling is by die Wild at Heart Adventure Showroom by Century City gehou en Sjef Hansen moes vir 150 mense canapés verskaf.

Launch of Dirt Busters by Deon Meyer and Adriaan Basson

Ses verskillende soorte happies is voorgesit: Asiatiese hoendersosaties; lamsosaties met roosmaryn en knoffel wat oor die kole gebraai is; mini vegetariese souttertjies met sampioene, crème fraîche en parmesan; mini tuisgemaakte beefburgers met tamatie en basiliekruid; vrugtesosaties met aarbeie, piesang en appel; en garnale-en-chorizo-happies.

Om die hoendersosaties te maak, is die hoender in blokkies gesny en met my eie spesiale, tuisgemaakte Asiatiese marinade bedek. Die spesifieke bestanddele is my geheim😉

Asian-style marinade on chicken cubes

Wit en swart sesamsade is bygevoeg voordat die hoenderblokkies gebraai is:

Frying chicken cubes

Die hoenderblokkies is op sosatiestokkies ingeryg:

Chicken kebabs

Om die lamsosaties te maak, is die lam in blokkies gesny en met my spesiale, geheime tuisgemaakte marinade en speserye bedek.

Lamb kebabs with marinade

Die blokkies lamsvleis is op sosatiestokkies ingeryg en oor ‘n braaivleisvuur gebraai. Want wat is nou lekkerder as daardie vlamgebraaide smaak?

Lamb kebabs on the braai

Om die mini tuisgemaakte beefburgers te maak, is maalvleis met uie, basiliekruid en ‘n speserymengsel gegeur. Dit is gebruik om die patties te vorm.

Mince

Die patties is gebraai en dit is saam met tamatie en basiliekruid op rolletjies voorgesit.

Burgers

Om die garnaalhappies te maak, is garnale ontdop en in ‘n spesiale mengsel speserye gebraai. Saam met ‘n snytjie chorizo is dit as ‘n canapé voorgesit.

Prawn and chorizo canapes

Lekker vars stukkies aarbeie, appels en pynappels is op sosatiestokkies geryg om ‘n vegetariese happie te vorm:

fruit kebabs

Die ander vegetariese happies was mini souttertjies (quiches) met ‘n tuisgemaakte kors, gevul met spinasie, sampioene, uie, crème fraîche en parmesan. Sjef Hansen Catering Services is al geoefen met die voorbereiding van quiches – loer gerus na ‘n vorige bloginskrywing daaroor.

Mini quiches

By die Wild at Heart Adventure Showroom is die hoender- en lamsosaties op een tafel in verhitte bakke voorgesit. Die mini beefburgers en mini souttertjies is op ‘n ander tafel geplaas en op die derde tafel is die vrugtesosaties en garnale-en-chorizo-happies op silwer borde uitgepak.

Ná Deon Meyer en Adriaan Basson se gesprek met Weg! se Erns Grundling oor hul motorfietry-boek het die gaste heerlik aan die happies gesmul!

Guests enjoy the food Guest enjoy mini burgers and mini quiches
Guests enjoy fruit kebabs and prawn canapes Guests enjoy lamb and chicken kebabs

Leë borde het getuig van hoeveel die gaste die happies geniet het en Sjef Hansen Catering Services het vele komplimente ontvang🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s