Ek’s een van die top 12 finaliste in die Pasella Tuiskok-kompetisie! Nou vir die finale rondte…Stem ASB!

Die top 12 finaliste in die Pasella Tuiskok-kompetisie is gisteraand aangekondig – en ek is een van hulle! Baie dankie aan almal wat vir my gestem het. Die SMS-lyne is nou weer oop, vir die finale rondte van stemmery. Dit sluit hierdie Sondag, 22 April, om 22:00 en Woensdag, 25 April word die top drie, insluitende die wenner aangekondig.

As jy dink dat my Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek verdien om te wen, stem asb vir my. Al wat jy moet doen, is om “Andrew” na 34025 te SMS. Elke SMS kos R1,50. Jy kan soveel keer stem as wat jy wil.

Stem asb! Dalk behaal ek ‘n plek in die top drie…of miskien is ek selfs die wenner!

Kry die volledige resep vir my Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek hier.

Lees meer oor my hier.

Stem asseblief vir my in die Pasella tuiskok-kompetisie!

Na maande se afwagting is die SMS-lyne uiteindelik oop vir die publiek om vir hul gunsteling Pasella tuiskok te stem. Altesaam 24 finaliste het hul oorspronklike resepte oor die afgelope paar maande op Pasella gedemonstreer en nou gaan die top 12 finaliste gekies word. Die lyne is vanaand geopen en kykers kan tot Sondag, 15 April om 22:00 stem.

As jy van my Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek gehou het, stem asb vir my deur “Andrew” na 34025 te SMS. Elke SMS kos R1,50 en jy kan soveel kere stem as wat jy wil. Ek het julle ondersteuning nodig!

Kan jy nog my resep goed onthou? Hier is die video’tjie om jou geheue te verfris:

Jy kan die volledige resep hier lees.

Lees meer oor my hier.

Stem asseblief! Elke bietjie help!

A Few Minutes of Fame: Ek is vanaand die tuiskok op Pasella!

Dit het toe regtig gebeur: Ek is een van die finaliste in Pasella en Woolworths se tuiskok-kompetisie! Dankie vir almal wat duim vasgehou het.

Vanaand om 19:30 op SABC 2 gaan ek op die TV-program Pasella my resep vir feta-en-pesto-gevulde hoenderborsies, toegedraai in spek, en bedek met avo maak! Onthou asseblief om te kyk. As al 24 finaliste ‘n kans gehad het om hul resep op Pasella te demonstreer, gaan die kykers vir hul gunsteling kan stem.

Dan gaan ek weer jul duime nodig hê – dié keer om vir my per SMS te stem!

Terloops, ek laai gou weer ‘n resep op die blog: ‘n lekker prawn-dis! Kyk uit daarvoor!

My Resep vir Feta- en Pesto-gevulde Hoenderfilette, Toegedraai in Spek, op Pasella se Webtuiste!

Ek het ingeskryf vir Pasella en Woolworths se tuiskok-kompetisie en my resep vir feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek, is op Pasella se webtuiste gelaai! Hopelik kies hulle my om op die kassie te kook.

Elke week gaan een deelnemer gekies word om sy of haar resep op Pasella te maak. Na 24 weke gaan kykers vir hul gunsteling deelnemer kan stem – miskien is ek een van hulle, jy weet nooit! Die eerste prys is ‘n R20 000 Woolworths-geskenkbewys.

Terwyl julle vir my duim vashou, kan julle solank my resep op Pasella se webtuiste gaan lees, dit maak en lekker daaraan smul. Hierdie resep het die perfekte smaakkombinasies vir ‘n romantiese aandjie:

Kliek hier om die resep te lees